100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

VIDEO: Absa Laeveld Lugskou 2023

Written by on May 15, 2023

Die Absa Laeveld Lugskou Saterdag het, na ‘n afwesigheid van drie jaar, Saterdag sy terugkeer gemaak en die skare se asem weggeslaan.
Die Goodyear Eagles, RV Raptors en Puma Flying Lions was van die spanne wat meer as 9 000 toeskouers kon lok na die Ou Nelspruit-lughawe.

Die Working on Fire (WoF) Hueys en ‘n Airlink Ambraer E190 was onder meer ook in aksie met die 12-minuut vuurwerkvertoning die aand wat as nog ‘n hoogtepunt uitgestaan het.


Volgens die organiseerders moes hulle weens die weersomstandighede die program noodgedwonge ‘n bietjie skommel omdat dit van die deelnemers se reisplanne geaffekteer het.

“Party moes op die laaste oomblik vervang of herskeduleer word. Ons hooffokus was die veilige terugkeer van die vliegtuie sowel as hul operasionele beperkinge, en besluite moes vinnig geneem word om hierdie uitdagings die hoof te bied.”
Steeds het alles glad verloop. Sien van die aksie hier:

Foto’s en video: Adriaan Gryvenstein en Mireille de Villiers


×