100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende transitorowers bly eers in aanhouding

Written by on August 15, 2023

Drie vermeende transitorowers het gister in die landdroshof in Malalane verskyn vir die aanval Vrydag op ‘n gepantserde wa van Fidelity.

Hulle is by ‘n huis in Schoemansdal aangekeer.

Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, kon ‘n vierde man wat saam met hulle aangekeer is, nie met die misdaad verbind word nie.

Mosa Bhekifa Ngwenyama (30) is ‘n taxi-bestuurder, Ali Obi Ebrahim (24) is ‘n kassiere by ‘n spaza-winkel en Malawiese burger, en Mfanasibili Lawrence Lubisi (44) is die eienaar van die betrokke huis en werk as ‘n boodskapper vir die Departement van Landbou.

Sekgotodi sê ‘n Mercedes-Benz ML 350, wat in Julie in Masoyi gesteel is, sowel as ‘n Ford Ranger-bakkie, wat in Mei in Bosbokrand gesteel is, is by die huis gekonfiskeer.

Daar is ook op onder meer ‘n AK-47, pistool, polisiebaadjie en koeëlvastebaadjie beslag gelê.

Hulle bly in aanhouding tot 21 Augustus wanneer hulle vir borgtog kan aansoek doen.

Opdatering: Transitorowers buit R8 000 se munte, 11 Augustus 16:46

Vier vermeende transitorowers is vanoggend aangekeer na ‘n aanval op ‘n leë Fidelity gepantserde voertuig naby Malalane.

Volgens bronne het die aanval om ongeveer 07:30 op die R570 naby Lone Tree Hill plaasgevind.

‘n C-klas Mercedes wat Dinsdagaand naby Oakley gekaap is, is gebruik om die geldwa te stamp.

Hy is op die toneel uitgebrand.

Die aanvallers het die wa oopgeblaas, en R8 000 in muntstukke gebuit.

Hulle het in die rigting van Tonga gevlug en was in ‘n skietery betrokke met polisie.

Die verdagtes is later by ‘n huis in die Schoemansdal-omgewing aangekeer.

Die twee wegkom-voertuie is teruggevind.

Hulle verskyn Maandag in die hof.

Sien ook: Verkeersbeampte vas na mislukte transitoroof


×