100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagte vas wat glo boer buite Lydenburg doodskiet

Written by on January 17, 2023

‘n Verdagte gisteraand aangekeer i.v.m. die moord op ‘n boer Sondagaand in die Badfontein-omgewing buite Lydenburg.

Johan Nortje is buite die skuur op sy plaas deur twee onbekende aanvallers oorval. Sy vuurwapen is gebuit.

Sy vrou is daarna in die huis vasgebind en aangerand.

Die aanvallers het ‘n haelgeweer uit die kluis geneem en met die boer se bakkie gevlug.

Die honde-eenheid van die polisie het saam met ander rolspelers die 36-jarige verdagte gisteraand in eMalahleni (Witbank) opgespoor.

Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê hulle het ‘n wenk ontvang dat een van die verdagtes in Witbank is.

Lede van die Lydenburg honde-eenheid het dit opgevolg en naby die huis in Spring Valley het die verdagtes verby hulle gery in die bakkie wat na vermoede tydens die aanval geroof is.

Hulle het agter die verdagtes aangejaag, wat gestop en te voet gevlug het.

Een verdagte het ‘n polisiebeampte se vuurwapen by hom probeer afneem en hy is in sy bobeen getref.

‘n Toyota-bakkie en 9 mm pistool met ammunisie wat na vermoede tydens die aanval gesteel is, is glo in sy besit gevind.

Die ander verdagte kon vlug, maar ‘n geweer sonder sy reeksnommer is by die persoon se adres gevind, aldus Mohlala.


×