100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga teken ʼn afname van 23,8% in padsterftes aan

Written by on January 17, 2023

‘n Aansienlike afname is aangeteken in die aantal padsterftes tydens die 2022/23-feestyd.
Die statistieke is vandag deur die minister van vervoer, Fikile Mbalula, bekendgemaak.
Vanaf 1 Desember tot 11 Januarie is 144 mense in padongelukke in Mpumalanga dood, ‘n afname van 23,8%.
Landwyd het 1 451 mense gesterf, wat ‘n vermindering van 13,9% is vanaf die vorige jaar.
Volgens Mbalula is die meeste sterftes tydens die weke van 15 tot 21 Desember en 22 tot 28 Desember aangeteken:

Volgens die Departement van Vervoer, was ligte motorvoertuie in die meeste (39%) noodlottige ongelukke betrokke gevolg deur ligte afleweringsvoertuie (16%), minibusse (7%) en vragmotors (4%).
Daar is ook bevind dat menslike foute die meeste (87%) ongelukke veroorsaak het, teenoor faktore m.b.t. ‘n pad of omgewing (8%) en foute aan voertuie (5%).
Slegs die Wes-Kaap kon padsterftes met ‘n hoër persentasie as Mpumalga verminder (met 36,7% van 207 na 131). Net Gauteng het ‘n toename in padsterftes getoon (op met 5,5% van 275 na 290).

Foto: Argief


×