100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagte erken glo hy was betrokke by moord op Hillary Gardee

Written by on August 16, 2022

Die polisie het bevestig dat die vierde verdagte in die Hillary Gardee-moordsaak teenoor hulle erken het dat hy betrokke was by haar moord.
Die liggaam van die 28-jarige vrou is in Mei in ‘n plantasie buite Mbombela gevind, na sy verskeie dae vermis was.
Rasie Nkuna (36) word beskryf as ‘n vermeende reeksmoordenaar en het gister in die landdroshof in Delmas verskyn op aanklagte van ontvoering, roof met verswarende omstandighede, moord, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en die besit van ammunisie.
Hy staan tereg op vier aanklagte van moord, insluitende die van sy vriendin op 6 Augustus in Sundra sowel as Gardee.
Lees meer: Vierde verdagte vas vir moord op Hillary Gardee
Hy het sy borgaansoek laat vaar. Die saak is uitgestel tot 22 Augustus vir verdere ondersoek.
Hy verskyn vandag in die hof in Kanyamazane vir die moord op twee susters in Mei toe hy na bewering ‘n ander vriendin, Pretty Mazibuko, en haar suster, sers. Marcia Mazibuko, doodgeskiet het.
Polisiewoordvoerder brig. Selvy Mohlala het bevestig dat hy ‘n bekentenis gemaak het oor Gardee, maar wou nie enige verdere besonderhede verskaf nie.


×