100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Borg vir veldwagter wat mans glo by Wildtuin insmokkel

Written by on February 14, 2023

‘n SANParke-veldwagter wat Saterdag gearresteer is na hy glo twee mans deur die Numbi-hek by die wildtuin ingesmokkel het, is borgtog van R15 000 toegestaan.

Volgens die polisie het veldwagters tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie sy Toyota Hilux-bakkie voorgekeer en deursoek.

Twee mans is agterop ontdek waar hulle onder ‘n seil wegkruip. ‘n Sak met ‘n jaggeweer met ammunisie en twee jagmesse is gevind.

Die 36-jarige Bright Mashele het gister in die Bosbokrand-hof verskyn op aanklagte van die besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen.

Collen Mathebula (32) en Casper Mlambo (30) word ook aangekla van onwettige betreding van die wildtuin.

Mathebula is saam met Mashele borgtog van R15 000 toegestaan.

Mlambo het volgens die polisie vorige skuldigbevindings en sy borgaansoek word môre aangehoor.

===========

13 Februarie 2023, 11:55

‘n Veldwagter is Saterdag te midde van die oorstromings in die Krugerwildtuin vasgetrek vir vermeende stropery.

Veldwagters het die voertuig wat hy bestuur het voorgekeer en deursoek.

Sien ook: Nog arrestasies gemaak in Operasie ‘Blood Orange’

Twee vermeende stropers is ontdek waar hulle onder ‘n seil wegkruip. Daar was ook ‘n sak met ‘n jaggeweer en toerusting wat vir stropery gebruik word gevind.

Lees ook: Gaste uit kampe ontruim in die Krugerwildtuin

Al drie is in hegtenis geneem en aan die polisie in Skukuza oorhandig.


×