100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Plaaslike rugbyspanne kraai koning in grootskole-liga

Written by on June 13, 2022

Die o.10 en o.9-rugbyspanne van Laerskool Nelspruit is Mpumalanga Grootskolekampioene vir 2022. Die o.10-span het hul finaal Saterdag teen Laerskool Middelburg met 24-0 beklink, met die o.9 welpies wat Laerskool JJ van der Merwe van Ermelo met 26-0 kon wen. Die o.11-span het die bronsmedalje gewen deur derde in die liga te eindig.

Laerskool Bergland se eerstespan het ook met 25-24 hul grootskole-finaal teen gedugte teenstander Laerskool Klipfontein gewen. Die Klipfonteiners wen al sedert hierdie span o.9 was jaarliks die liga, met Bergland wat vanjaar vir die eerste keer die titel kon verower.

Hoërskool Rob Ferreira se o.16-span was Saterdag in hul eie grootskole-finaal in aksie. Hulle het egter met 26-6 teen Hoërskool Ermelo vasgeval. As die provinsiale naaswenners speel hulle weer op 30 Julie teen die wenskool van Noordwes in die uitspeelwedstryde.


×