100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Dagga van R150 000 laat man in hof beland

Written by on June 13, 2022

‘n Man verskyn vandag in die hof in Barberton nadat hy Vrydag aangekeer is met dagga, met ‘n beraamde straatwaarde van R150 000, in sy besit.
Volgens die polisie is sy VW Polo tydens ‘n operasie by Kaapmuiden deursoek toe hulle die vonds gemaak het.
Twee Fidelity-sekuriteitswagte sal ook vandag in die hof verskyn. Die mans van onderskeidelik 30 en 40 jaar oud word aangekla van sakeroof in Bethal.
Hulle is die naweek aangekeer op klagte dat hulle ‘n vulstasie in Bethal beroof het. Volgens die polisie het hulle hul amptelike dienspistole gebruik om Saterdagaand ‘n werknemer te forseer om die kluis vir hulle oop te sluit.
Hulle het met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug, maar is kort daarna vasgetrek.
Die polisie se eenheid vir openbare orde het Vrydagaand ook saam met die Delmas-polisie twee verdagtes vasgetrek vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen en moontlik gesteelde voertuig.
‘n 28-jarige man is afgetrek en terwyl die polisie die Toyota Avanza deursoek het, is bepaal dit is in Augustus 2020 in Evaton as gesteel aangemeld.
‘n 29-jarige vrou het op die toneel aangekom en gesê sy is die eienaar van die voertuig. Sy is deursoek en ‘n onwettige vuurwapen is aan haar persoon gevind.
Hulle sal eersdaags in die hof verskyn.


×