100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee ontvoerde kapingslagoffers naby Hazyview gered

Written by on May 3, 2024

Twee kapingslagoffers is Woensdagaand gered na hulle vroëer die dag naby Hazyview ontvoer is.

Volgens die polisie het hulle ‘n vergadering by ‘n laerskool in Nyongane bygewoon.

Een het na afloop daarvan ‘n probleem met sy voertuig ondervind en terwyl ander mense hom probeer help het, het drie gewapende verdagtes toegeslaan.

Twee mense is in die kattebak in forseer en daar is met hulle weggery. Hulle is later veilig gevind en twee voertuie is agtergelaat.

Die polisie soek na die aanvallers.

Luister:

Sien ook: R4m se kokaïen ontdek na motorongeluk


×