100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Meer as R4m se kokaïen ontdek na motorongeluk in Mbombela

Written by on May 3, 2024

‘n 23-jarige man word deur die polisie ondervra na hy betrap is met wat hulle glo kokaïen is.

Hy was gistermiddag in ‘n ongeluk op die N4 naby Valencia in Mbombela toe die sleepwa van sy KIA-bakkie losgekom het.

Beamptes wat op die ongeluk gereageer het, het gemorsde wit poeier opgemerk en die honde-eenheid is ontbied.

Die polisie is oortuig dit is kokaïen en dat dit onderweg was na Gauteng.

Die sowat 11kg het ‘n geraamde waarde van R4 583 370.

Die poeier word tans getoets.

Luister:

Sien ook: Laeveld nuushooftrekke – Week 18 van 2024


×