100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee kry borgtog na renosterhoring vonds

Written by on April 30, 2020

Borgtog is Woensdag in die KaBokweni-hof aan twee mans wat van die besit en diefstal van renosterhoring aangekla word, toegestaan. Die ses renosterhorings wat glo in die mans se besit gevind is, is volgens die Valke nagenoeg R6 miljoen werd.

Sipho Alfred Nyundu en Martin Prince Lekhuleni is aanvanklik verlede Vrydag saam met ‘n derde verdagte in Pienaar in hegtenis geneem.

Die klagtes is egter Woensdag teen Banele Georgina Nyalunga teruggetrek.

Brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale woordvoerder van die Valke, sê hulle glo dat die horings stelle van drie gestroopde renosters is.

Nyundu en Lekhuleni is Woensdag elk borgtog van R8 000 toegestaan.

Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, plaaslike woordvoerder van die Valke, duur die ondersoek voort.

Die borgvoorwaardes sluit in dat hulle nie met die saak of getuies mag inmeng nie en hulle paspoorte moet inhandig.

Die beskuldigdes moet weer op 25 Junie in dieselfde hof verskyn.


×