100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mapulaneng dokter toets positief vir Covid-19 in Bosbokrand

Written by on April 30, 2020

‘n Dokter by die Mapulaneng-hospitaal  in Bosbokrand is vir Covid-19 positief getoets. Volgens woordvoerder Dumisani Malamule het die gesondheidswerker ‘n verhoogde temperatuur getoon nadat sy vir werk verlede Vrydag by die ingangportaal aangemeld het. Die departement het Dinsdagaand haar toetsuitslae ontvang en haar in ‘n isolasie-eenheid geplaas. Volgens Malamule is die hospitaal se tandheelkunde-afdeling gesluit en is al die werknemers onder kwarantyn geplaas.

 

 

Malamule verduidelik dat die betrokke dokter die virus nie in die hospitaal opgedoen is nie. Die Mpumalanga gesondheidsdepartement is besig om die hele fasiliteit te ontsmet.

 

Verder:

Die dokter se primêre kontakte is ook getoets en in kwarantyn geplaas terwyl daar op hul toetsuitslae gewag word. Die provinsie se opsporingspan is besig om haar ander kontakte na te speur. LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, sê die daaglikse sifting van werknemers  sal by hospitale, sowel as in gemeenskappe, voortgaan.

Teen Donderdagoggend het 31 mense in Mpumalanga positief vir Covid-19 getoets. Van hulle het 18 reeds herstel. Daar is 11 gevalle in Nkomazi, waarvan ses herstel het. In Mbombela het vyf van die sewe pasiënte herstel. Daar is slegs die een geval in Bushbuckridge-munisipaliteit, en sover geen in Thaba Chweu nie.

Volgens die departement het amper ‘n halfmiljoen mense in Mpumalanga reeds siftingstoetse vir Covid-19 ondergaan sedert die program op 30 Maart van stapel gestuur is. Die LUR het mense gemaan om by die inperkingsregulasies te hou.

Hoewel die hospitaal oop is, sal die tandheelkunde-afdeling gesluit wees.


×