100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Tropiese sikloon Freddy na verwagting op pad na Limpopo en Mpumalanga

Written by on February 22, 2023

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê tropiese sikloon Freddy sal volgens die jongste inligting die noord-oostelike dele van die land vanaf vroeg Saterdag tot Maandag affekteer.
Dit kan moontlik groot skade aanrig in die Laeveld en platorand van Limpopo en Mpumalanga weens die grond wat reeds versadig is en hoë watervlakke.
Freddy is afgegradeer sedert hy gisteraand die oostelike kuslyn van Madagaskar getref het, maar die Wêreld Meteorologiese Organisasie (WMO) verwag hy sal vanaand begin toeneem in sterkte wanneer hy in die Mosambiekkanaal inbeweeg.
Volgens sy huidige trajek sal hy teen Donderdagaand weer naby aan tropiese sikloon-status wees en Vrydag Vilankulos bereik.
Die verwagting is dat Freddy die noord-oostelike dele van Suid-Afrika vanaf vroeg Saterdag tot Maandag sal affekteer.
Die grootste impak word verwag in Limpopo se Vhembe- en Mopani-distrikte (wat die noorde van die Krugerwildtuin insluit).
Swaar reën van 200 mm tot 400 mm is hier moontlik, sowel as sterk winde van ‘n gemiddelde 45 km/h vanaf Vrydagaand.
Sien ook: Krokodilbrug weer oopgestel vir besoekers aan die wildtuin
Ehlanzeni-distrik sal tot ‘n mindere mate geraak word, maar gegewe die beduidende oorstromings wat die afgelope weke reeds in die area ervaar is, kan die impak katastrofies wees.
Die SAWD monitor Freddy se verloop baie noukeurig.


×