100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Tripadvisor plaas wildtuin in top vyf bestemmings wêreldwyd

Written by on August 12, 2022

Tripadvisor het sy wenners vir die 2022 “Traveller’s Choice”-toekennings aangewys, en die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) pronk in die vyfde posisie van die beste nasionale parke vir buitelug-entoesiaste in die wêreld.
Tripadvisor beskryf die NKW as ‘n sinoniem vir die woord “safari” met sy 500 spesies voëls, 100 reptiele, nagenoeg 150 verskillende soogdiere, argeologiese terreine en diversiteit van bome en blomme.
Eerste op die podium is Arenal Vulkaan Nasionale Park in Costa Rica, gevolg deur die Jim Corbett Nasionale Park in Indië, die Serengeti Nasionale Park in Tanzanië, en Maasai Mara Nasionale Reservaat in Kenia.
Sien die volledige lys van wenners hier.


×