100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Transitorower tot addisionele 25 jaar gevonnis

Written by on August 12, 2022

‘n Transitorower wat reeds ‘n lewenslange vonnis uitdien, is die week ‘n addisionele 25 jaar gevangenisstraf opgelê.
David Thabo Dube (45) was agter tralies vir ‘n transitoroof wat in Oktober 2017 in Klerksdorp uitgevoer is, toe die Valke hom deur sy vingerafdrukke gekoppel het aan ‘n roof op ‘n Coin-geldwa in April 2000 tussen Graskop en Bosbokrand. Die groep gewapende aanvallers kon met sowat R1 miljoen vlug.
Volgens die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi, het die Valke vroeër vanjaar die ondersoek oorgeneem, hom aan die toneel gekoppel en ontdek hy dien tans 25 jaar uit vir die vorige rooftog.
Dube het op 30 Junie vanjaar is Graskop verskyn. Hy is Woensdag in die Nelspruit-streekshof gevonnis vir gewapende roof en twee pogings tot moord.

“As die Valke laat ons geen steen onaangeroer nie,” sê die provinsiale hoof van die Valke, maj. gen. Zodwa Mokoena. “Ons sal aanhou bou aan ons goeie verhouding met die gemeenskap om dorings uit te trek.”


×