100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

TRAC staak padwerke vir feesseisoen

Written by on December 8, 2020

TRAC sê hulle verwag baie swaar verkeer op die N4 hierdie feestyd.
Hulle het daarom verskeie maatreëls aangekondig om opeenhopings te verhoed.
Onder meer sal die tolplaza’s op sekere dae volledig beman word, en alle padwerke op die roete sal tussen 19 Desember en 5 Januarie stop.
Die besigste reistye word op 11, 15, 18, 23 en 24 Desember en weer op 3 Januarie verwag.
Op dié dae sal TRACAssist saam met ander nooddienste soos die SAPD, paramedici, die brandweer en provinsiale verkeer op strategiese punte ontplooi word.
Volgens kommunikasiebestuurder, Solange Soares, is die punte in die omgewing van Bronkhorstspruit, Middelburg, Milly’s, Mbombela, Hectorspruit, Komatipoort en Matola-weegbrug in Mosambiek.

“Padgebruikers moet let dat vertragings by Lebombo en Ressano Garcia-grensposte in Komatipoort verwag word,” voeg sy by. “Mense wat tussen Suid-Afrika en Mosambiek reis moet liefs hul reistye daarvolgens beplan.
“Hoewel oponthoude by die grens die verkeersvloei op die N4 raak, val prosessering by die grens nie onder TRAC se jurisdiksie nie.”
Vanaf 13 Desember sal spesiale maatreëls wel in plek wees om verkeer tussen die twee lande te vergemaklik.
Aan die Suid-Afrikaanse kant sal ‘n beheerpunt by Coopersdal opgestel word waar alle voertuie sal stop. Verwag ‘n 30-minute vertraging.
Taxi’s sal na die ou Komatipoort-vliegveld herlei word. Vragmotors en busse sal by KM 7 geprosesseer word.
Private voertuie is gevra om links te hou omdat die regterbane vir amptelike voertuie bedoel is.
Voertuie wat Komatipoort, Krugerwildtuin of Ngwenya Lodge toe gaan, word aangeraai om eerder die Tenbosch-afdraai te gebruik.
Aan die Mosambiekse kan sal drie bane gereserveer word vir Wes-vloeiende verkeer en een in die teenoorgestelde rigting.
Het jy hulp nodig op die pad? Kontak TRACAssist via 080-087-2264 of volg hulle op Twitter @TRACN4route.


×