100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Tonga-man met handgranaat vasgetrek

Written by on July 27, 2022

Die weermag, misdaadintelligensie en die polisie het Maandag vier verdagtes in Tonga aangekeer vir die besit van ‘n handgranaat, ‘n ongelisensieërde vuurwapen en ammunisie, en gesteelde goedere.
Die 23-jarige Solomon Sambo het gister in die Nkomazi-landdroshof verskyn. Die polisie het op ‘n wenk gereageer en die items is in sy huis ontdek.
Hy was glo ook in besit van pepersproei met die polisie se handelsmerk. Hy verskyn weer op 28 Julie vir ‘n formele borgaansoek.
Nog drie verdagtes is tydens dieselfde operasie by twee ander huise in die area aangekeer, na bewering in besit van gesteelde goedere.
Volgens brig. Selvy Mohlala het hulle nog nie in die hof verskyn nie en bly hulle in aanhouding, terwyl die ondersoek voortduur.


×