100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Toekomsvaardighede in die klaskamer

Written by on November 5, 2020

Kinders kan weens die daaglikse gebruik van tegnologie meer vaardighede al op skool aangeleer word. Dit sluit meer as net die leer van hoe apparate werk in, veral dit wat in die agtergrond gebeur om tegnologie te maak werk. As gevolg van die toename in die vierde industriële revolusie (4IR) is die soort vaardighede in groter aanvraag by werkgewers.

Die World Economic Forum het in die ‘Future Of Job Survey’ genoem dat daar ‘n groter aanvraag ontstaan vir vaardighede in rekenaartegnologie wat insluit:

  • Datawetenskap en analise
  • Kunsmatige rekenaar intelegensie en skryf van spesialis rekenaarprogramme
  • Spesialis in digitalebemarking en strategië
  • Mega data versamelling en ontleding
  • Automatiese rekenaarproses-ontwikkeling
  • Besigheidontwikkeling spesialiste
  • Digitale transformasie
  • Rekenaar inligting veiligheid
  • Toepassing en sagteware ontwikkeling
  • Ontwikkeling van (huishoudelike) toestelle met internet gebruike
  • IT Projekbestuurders
  • Administrasie en besigheidsdienste bestuurders
    en meer.

Daar is ook verskeie werksgeleenthede wat as gevolg van rekenaartegnologie ‘n afname toon soos:

Rekenmeester- en -boekhoukundigeklerk
Menslikehulpbronne spesialiste
Fabriek en vervaardigings personeel
Poskantoordienste
Verkoopsverteenwoordigers
ens.

Ons gesels met verskeie kenners om meer hieroor uit te vind.

Werknemers wat van die huis af werk moet aspekte soos dissipline en besigheidsregulasies daaraan verbonde, in ag neem.

Die Departement van Onderwys beoog om die kurrikulum aan te pas sodat meer vakke aangebied kan word om in die 4IR navraag te kan voorsien.

Leerders by Hoërskool Bergvlam in Nelspruit het reeds die geleentheid om programme en toestelle soos WhiteBoard en MOODLE te gebruik wat die leer proses ondersteun en meer interessant vir leerders maak.

Waardevolle vaardighede word aangeleer deur die tegnologie in die klaskamer te gebruik. Daar word van tegnologiese maatskappye verwag om meer betrokke raak, selfs op skoolvlak ten einde die nuwe generasie programeerders se belangstelling te prikkel.


×