100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Thaba Chweu kosskool vir studente se kwarantyn geoogmerk

Written by on April 18, 2020

Ongeveer 370 studente van Mpumalanga wat in Rusland studeer sal in Thaba Chweu se kosskool in kwarantyn geplaas word.
Volgens Dumisani Malamule, woordvoerder vir die provinsiale departement van gesondheid, verwag hulle studente wat in verskeie rigtings in Rusland, insluitende medies, studeer binnekort terug in Suid Afrika. Hy kon egter nie ‘n datum daarvoor bevestig nie.

Rusland het 27 938 gevalle van Covid-19 en het reeds 232 bevestigde sterftes weens die virus. Die DA se Jane Sithole het die regering se besluit verwelkom. Die party het in Januarie die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie genader om ondersoek na die skool in te stel.
Daar was verskeie probleme by die nuwe skool, onder meer die toevoer van water en elektrisiteit. Dit is intussen reggestel. Sithole voel dit is die ideale ligging vir kwarantyn aangesien daar baie spasie is en die skool redelik geïsoleer is.


×