100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Help ‘Ons Gee Om Nelspruit’ om die dorp te voed

Written by on April 18, 2020

Die verlenging van die grendel tydperk laat baie gesinne sonder inkomste. Thea Rix van ‘Ons Gee Om Nelspruit’ sê mense sal nie glo waardeur ander sommige families tans gaan nie, dit kan selfs jou bure wees.

‘Ons Gee Om Nelspruit’ deel kospakkies aan enige persone in nood en wat tans nie geld het nie, uit. Hulle is egter geheel afhanklik van donasies deur die gemeenskap. Rix het aan 100.5FM gesê hulle het tans ‘n groot vraag na kosvoorraad: nie net nie-bederfbare produkte nie maar ook bederfbare produkte, aangesien dit so vinnig uitgedeel word. Daar is ook ‘n groot vraag na doeke, babamelk  en selfs bloot net elektrisiteit.

‘Ons Gee Om Nelspruit’ gee tans gemiddeld 20 tot 30 kospakkies aan gesinne per dag. So ‘n pakkie kan ‘n gesin vir omtrent ‘n week voorsien.

Enige bydraes kan by Suiderkruisstraat 24 afgelewer word. Andersins kan Toy Bester  (by 081-438-5373), Thea Rix by 082-771-2889 of Tersia Marshall by 082-576-8889 geskontak word, om dit te kom afhaal.


×