100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

radio laeveld

Page: 10

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Ontvoerde baba na 20 jaar gevind op sosiale media gevind, Mpumalanga skop padveiligheidsveldtog af, Bietjie-Bos-organiseerders tevrede met fees en die Pumas kondig nuwe titelborg aan vir 2022. Luister die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld die week: Reisverbod laat Laeveld toerisme steier, VF Plus vra ingryping by munisipale skuld aan Eskom, meer as 80 vroue is sedert April in Mpumalanga vermoor en Bietjie-Bietjie-Bos skop af. Luister die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld die week: Burgemeester sonder voorval ingesweer, Groen Skerpioene gevra om rioolbesoedeling in Witrivier te ondersoek en TRAC gerat vir Dullstroom-tydren. Luister die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Mbombela-raadslid aangekeer vir polisiebeampte se moord, nog geen arrestasies na LUR gekaap is, massiewe haelstorm tref Lydenburg en huldeblyke vir Theuns Jordaan. Luister die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Vermeende motorkaper vasgetrek na jaagtog en skietgeveg, nog fratsweer die somer verwag terwyl storms groot skade aanrig, twee wat departement uit miljoene bedrieg verskyn in die hof en skud jou vere reg vir Bietjie-Bietjie-Bos. Luister die hooftrekke hier.  

In die nuus uit die Laeveld die week: ANC verloor baie steun, maar behou beheer oor Laeveld-stadsrade, EFF vervang DA as amptelike opposisie in Mbombela, misdadigers se “inkopieseisoen” in volle swang, gedenkdiens gehou vir geliefde Edwin Sturgeon en ProLife Pet Rescue in Mbombela vier hul 10de bestaansjaar. Luister die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Gemeenskap geskok deur bekende Laevelder se moord in Barberton, borg toegestaan aan voormalige LUR wat van moord aangekla word in Nelspruit, Universiteit van Mpumalanga bied vanaf 2022 doktorsgrade en TRAC N4-tydren volgende maand in Dullstroom. Luister die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Moordbeskuldigde politikus se borgaansoek gaan vandag voort, brand by Komatipoort suikermeule eindelik geblus en groot beleggings in Mpumalanga se padinfrastruktuur beplan. Luister weer die hooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Menseregtekommissie ondersoek medisynetekorte, duisende Laevelders ingeënt tydens Vooma-naweek, die ATKV se kuieraande is terug, en help om die Carling Kampioene-span te kies. Luister die nuushooftrekke hier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Vooma-inentingsveldtog die naweek, konstruksie begin op die N4 by Elandshoek, LUR bekommerd oor toename in boeliegedrag by skole en die bloedbank vra dringend skenkings. Luister die hooftrekke hier.


×