mosambiek

Page: 2

Mosambiek se regering het bosbouhervormings ingestel en ‘n memorandum van verstandhouding met China onderteken om die uitvoer van hardehout te beheer en onwettige ontbossing te stop. Mosambiek het reeds sedert 2000 sowat 3 miljoen hektaar, sowat 10 persent van sy woude, verloor. Volgens Global Forest Watch, is dit as gevolg van ‘n hewige Chinese aanvraag […]

Die De Beers-groep het 200 olifante eenduisend 500 kilometer – vanaf sy Venesië Limpopo-natuurreservaat in Suid-Afrika – na Mosambiek vervoer. Die operasie, een van die grootste olifant-verskuiwings wat ooit in Suid-Afrika aangeteken is, is deel van ‘n groot bewaringsinisiatief om die welsyn van wildlewe in Suid-Afrika te beskerm. Dit sal ook help om Mosambiek se […]

Die Mosambiekse regering het meer as 33,4 miljoen meticais gespaar, danksy die implementering van ‘n program wat tronk- en bewaardings-instellings omskep in voedselproduksiesentrums. Volgens die minister van justisie, konstitusionele en godsdienstige sake, Joaquim Veríssimo, is die program nou ‘n realiteit in alle soortgelyke sentrums. Veríssimo het gesê dat op hierdie plekke is produksie van graan, […]

Die Mosambiekse regering beplan om die herstruktureringsplan van Linhas Aéreas de Mozambique te versnel, het die land se eerste minister Maandag gesê. Die heropbou van die lugvaartmaatskappy word as ‘n prioriteit beskryf. Carlos Agostinho do Rosário, aangehaal deur die Mosambiekse staatsnuusagentskap AIM, het gesê die regering beplan om ‘n strategiese vennoot te vind om LAM […]

Mosambiek se minister van Vroue, Kinders en Maatskaplike Aksie, Cidália Chaúque, sê in die jaar 2017 is minstens nege duisend kinders in die land verkrag. Dit spruit uit die vyf en twintig duisend geregistreerde gevalle van geweld in die land. Volgens die amptenaar is dertien duisend vroue gedurende hierdie tydperk ook verkrag. Om hierdie situasie […]

Meer as tweeduisend sewehonderd beeste is met bek-en klouseer besmet in die sentrale Mosambiekse provinsie Tete. Dit is glo weens ‘n tekort aan entstowwe. Daar word geglo dat die uitbraak in November – in die distrik Doa – begin het toe beeste water oor die grens gaan drink het Claudio Gule, hoof van Veeafdeling in […]

Drie sentrums vir die vetmaak van beeste sal binnekort in die suidelike provinsies Maputo, Gaza en Inhambane, gebou word. Dit is om vleisproduksie en die doeltreffendheid van die waardeketting te verbeter. Die sentrums sal in die distrikte Magude, Massingir en Inharrime gebou word as deel van die Pro-Poor Value Chain Development Project in die Maputo- […]

Die woordvoerder van die Mosambiekse polisie, Inacio Dina, het gister beweer dat die owerhede ‘n dwelm-verslag wat die naweek gepubliseer is, ontleed. Die verslag beweer dat heroïne Mosambiek se tweede belangrikste uitvoerproduk is. Die verslag is gepubliseer deur die Departement van Internasionale Ontwikkeling van die Londense Skool vir Ekonomiese en Politieke Wetenskap.

Mosambiek verloor minstens 60 miljoen Amerikaanse dollars per jaar weens onwettige visvang, volgens die minister van see, binnelandse waters en visserye, Agostinho Mondlane. Mondlane het gister in Maputo by die opening van die sewende vergadering van Fish-i Africa, ‘n vennootskap van agt Oos-Afrika-lande, gepraat. Hy het gesê die omvang van ekonomiese verliese “bring groot uitdagings […]

Minstens drie kinders is na bewering uit aparte plekke in Mosambiek se distrik Gorongosa, ontvoer. Volgens die BBC is die kinders – tussen die ouderdomme van 3 en 14 – Woensdagoggend deur gewapende mans ontvoer. Die plaaslike polisie het sedertdien die voorval bevestig, en het gesê dat hulle die moontlikheid ondersoek dat die ontvoerings deel […]


Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?