100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vier voertuie teruggekry voor die Mosambiek-grens

Written by on June 14, 2022

Vier voertuie is in die vroeë oggendure op pad na die grens met Mosambiek deur lede van die weermag onderskep.
Volgens die polisie is ‘n konvooi verdagte voertuie omstreeks 03:00 opgemerk. Volgens brig. Selvy Mohlala het insittendes begin skiet op die weermaglede, wat teruggevuur het.
Een ongeïdentifiseerde manlike passasier is noodlottig gewond. Die ander verdagtes kon te voet vlug.
Die vier Toyota bakkies is na bewering almal vroeër in Gauteng en Pienaar gesteel. Die skietvoorval word ondersoek.


×