100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Premier sit begrotingsprioriteite uiteen

Written by on June 14, 2022

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vanoggend haar begroting vir die huidige boekjaar in die wetgewer ter tafel gelê. Die Jeugontwikkelingsfonds is verlede jaar op die been gebring om werkloosheid onder die jeug in die provinsie teen te werk, deur geld te bewillig vir hul ondernemings.
R90 miljoen is verlede jaar daarvoor opsy gesit. ‘n Totaal van 64 aansoeke is goedgekeur en R81,95 miljoen is goedgekeur en aan die Mpumalanga-agentskap vir ekonomiese groei (MEGA) toevertrou vir verspreiding. Tot op hede is R59,7 miljoen (72%) daarvan aan 55 ondernemings versprei.

‘n Verdere R60 miljoen is hierdie finansiële jaar vir die fonds geoogmerk.
Verder teiken die nasionale regering toegang tot breëbandinternet vir 80% van alle gemeenskappe binne die volgende drie jaar.

Mpumalanga teiken die konneksie van 154 958 huishoudings met 450 skole en klinieke en 175 landelike gemeenskappe binne die eerste 12 maande.
Intussen het die DA se Jane Sithole ‘n beroep gedoen op vaardigheidsoudits in plaaslike munisipaliteite in Mpumalanga.


×