100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Spioenasie-wetsontwerp bedreig godsdiensvryheid

Written by on November 16, 2023

Die omstrede nuwe Spioenasie-wetsontwerp is ‘n baie groot bedreiging vir godsdiensvryheid.
So sê Liesl Pretorius, regsadviseur by Freedom of Religion South Africa (FOR SA).
“Die Spioenasie-wetsontwerp maak die deur oop vir die staat om te begin dikteer wie bv. ‘n kerk mag begin of voortgaan om een te bedryf,” sê sy.
“Natuurlik geld dit vir enige godsdienstige organisasie, soos moskees of sinagoges, asook vir nieregeringsorganisasies (NRO’s)
“Wat dit prakties beteken, is dat die wetsontwerp misbruik kan word deur persone in die regering wat kritiese stemme of opposisie wil stilmaak of diegene wat na hul sin te onafhanklik van die staat in die gemeenskap werk.”
Pretorius gesels met Sonop Ontbyt.
Luister weer hier:

Sien ook: Wysigingswetsontwerp wek kommer oor tuisonderrig


×