100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

So lyk Suid-Afrika se nuutste Covid-19 statistiek

Written by on April 28, 2020

Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize het op Maandag 27 April besonderhede oor Suid-Afrika se nuutste Covid-19 infeksies in ‘n persverklaring deurgegee.

Die aantal persone in Suid-Afrika wat met Covid-19 geïnfekteer is, staan op 4793. Daar is reeds 178 470 toetse gedoen. Op Maandag 27 April het die aantal sterftes weens die koronavirus op 90 te staan gekom. Die Wes-Kaap is tans die provinsie met die meeste gevalle van Covid-19 en staan op 1737. Gauteng volg in die tweede plek met 1353 gevalle.

Die goeie nuus vir plaaslike inwoners is dat Mpumalanga steeds op 26 gevalle staan. Daar is nog geen Covid-19 verwante sterftes in Mpumalanga aangeteken nie. Slegs die Noordkaap het minder gevalle van Covid-19 en hulle het Maandag op 17 gestaan. Die laaste drie persone wat aan die koronavirussiekte gesterf het, het al drie ander onderliggende gesondheidsprobleme gehad. Die eerste was ʼn 79 jarige man wat gesukkel het met hoë bloeddruk en ʼn chroniese nierprobleem. Die tweede, ʼn 58 jarige man was ʼn Vigslyer. Die derde pasiënt wat gesterf het aan die koronavirussiekte is ʼn 54 man wat ʼn diabeet was.

Die wêreldwye getal mense wat met Covid-19 geïnfekteer is, het reeds op Maandag 27 April die 3 miljoenkerf verbygesteek. In Amerika is daar nou meer as ʼn miljoen mense wat geïnfekteer is met die virus. Die aantal wêreldwye sterftes staan tans op 211 792.

Bronne: https://sacoronavirus.co.za/2020/04/27/update-on-covid-19-27th-april-2020/
https://www.worldometers.info/coronavirus/#countries


Continue reading

×