100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

SANParke hoof afgedank

Written by on June 6, 2022

Fundisile Mketeni is verlede week met onmiddelike ingang as uitvoerende hoof van SANParke afgedank, na ‘n dissiplinêre proses wat in Julie verlede jaar begin is.
Hy is in Oktober in die hof in Bosbokrand onskuldig bevind op klagte van aanranding en seksuele aanranding.
Hy is egter tydens ‘n onafhanklike dissiplinêre proses skuldig bevind op ses uit die sewe klagte teen hom. Dit sluit in seksuele teistering en aanranding.
Volgens die raad is sy afdanking aanbeveel op grond van die organisasie se etiek- en gedragskode.


×