100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Historiese halfeindronde wink vir die Pumas

Written by on June 6, 2022

Die Pumas kom Vrydag in ‘n bepalende wedstryd in die Curriebeker te staan teen die Griekwas op Mbombela-stadion. Hulle het Vrydag ‘n naelskraapse 29-28 oorwinnig oor die Cheetahs behaal wat hulle steeds ‘n kans bied om die halfeindronde te haal.
Die Griekwas is na hul oorwinning met 43-41 teen die Westelike Provinsie derde op die punteleer met 31 punte.
Die Haaie kon Saterdagaand in Durban nie die mas opkom teen die Leeus nie. Hul telling van 38-32 het hulle in die vyfde plek op die Curriebeker-punteleer gelaat met 26 punte, met die Airlink Pumas vierde met 27.
Sou hulle deurgaan, sal dit die Laeveldse span se eerste halfeindstryd wees, na hulle verlede seisoen met een punt daarop uitgemis het.
Pumas afrigter, Jimmy Stonehouse, sê hulle benodig die volle vyf punte, en dat dit in hul hande is. Hulle speel ook tuis, en geniet daarom ‘n tuisvoordeel.

Marius van Rensburg sê ‘n halfeindronde sal ‘n baie groot geleentheid wees vir die Pumas.

Vrydag speel die Airlink Pumas by die huis teen die Windhoek Draught Griekwas. Afskop is om 18:00.
Plaaslike hoërskole en laerskole staan weer die kans om kontantpryse te wen, mits hulle die grootste gees kan wys.
Jy en jou kantoor, of jou gesin, of jou vriendegroep kan ook ‘n getekende Pumas-trui wen, mits julle die grootste gees kan demonstreer.
Die Toyota Cheetahs se wedstryd teen die Vodacom Bulls in Bloemfontein sal bepaal wie aan die toppunt van die punteleer gaan eindig.
Verrigtinge word afgesluit met die DHL WP se kragmeting teen die Cell C Haaie in Kaapstad.

Foto: Pumas Facebook


Continue reading

×