100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Rowers vort sonder kontant na aanval op Lydenburg-vulstasie

Written by on July 5, 2023

‘n Groep aanvallers wat vroeg Maandagoggend ‘n vulstasie in Lydenburg probeer beroof het, is met leë hande weg, ondanks pogings om die kluis met plofstof oop te blaas.
Volgens die polisie het een man eers ‘n petroljoggie met ‘n vuurwapen aangehou en hom forseer om sy voertuig op te vul.
Daarna het nog vier verdagtes by hom aangesluit en is al die werknemers saam in die winkel aangehou.
Volgens die polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het die aanvallers die kluis met plofstof probeer opblaas voor hulle gevlug het.
Niemand is gewond of beseer nie.
Geen arrestasies is nog gemaak nie.
Sien ook: Verdagtes gesoek wat kitsbank in Hazyview beroof


×