100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Beamptes na-ure nodig vir vragmotors in Komatipoort

Written by on July 5, 2023

Verkeersbeamptes moet na-ure begin werk om die opeenhoping van vragmotors onderweg na die Lebombo-grenspos in Komatipoort op te los.
“Die vragmotors in Komatipoort affekteer nou almal se daaglikse bestaan in Komatipoort,” sê die operasionele beampte van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT), Linda Grimbeek.
Sy sê die feit dat taxi-verenigings dit sedert Maandag op hulself geneem het om die verkeer te probeer beheer, dui op hoe keelvol alle inwoners is.
Grimbeek voeg by dat Barberton Mines die ou privaat Barberton-lughawe gekoop het, en op soek is na ‘n vennoot om dit tot ‘n volwaardige fasiliteit te ontwikkel.
Sy gesels met Mireille oor verwikkelinge op die sake- en toerisme front in die Laeveld.
Luister weer na Laeveld Ervaring hier:

Luister verlede week se episode van Laeveld Ervaring hier: ‘Leierskap is om mense saam met jou saam te neem’


×