100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Rodney Landela in Maart 2024 verhoor

Written by on December 5, 2023

Die verhoordatum van die voormalige veldwagter, Rodney Landela, en voormalige staatsveearts, Kenneth Motshotso, op stropingverwante klagte is vasgestel vir 18 tot 22 Maart.

Hulle is in 2016 naby die vars karkas van ‘n renoster in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) aangekeer.

Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê die hof het gelas dat dit die finale uitstel is en dat die verhoor volgende jaar voort sal gaan.

Luister:

Intussen moet ‘n stroper moet 10 jaar tronkstraf uitdien na hy in 2017 in die Krugerwildtuin met ‘n jaggeweer, ammunisie en byl betrap is.

Friday Ngoveni het Maandag in die Skukuza-hof skuldig gepleit op aanklagte van betreding van ‘n nasionale park, besit van onwettige en gevaarlike wapens en sameswering om ‘n misdaad te pleeg.

Die vonnis is deur SANParke verwelkom.

Die besturende direkteur van die NKW, Oscar Mthimkhulu, sê voortdurende suksesvolle vervolging en vonnisoplegging van stropers versterk die moraal van die hardwerkende veldwagters.

“Ons hoop ander misdadigers sal uit hierdie ervaring leer aangesien ons oral oë en ore het, 24/7 en hulle sal vang en verseker dat hulle vir ‘n baie lang tyd agter tralies gesit word,” het hy afgesluit.

Sien ook: Drie renosterstropers gesoek

Foto: Ter illustrasie


×