100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Robbies en Witrivier sê nee vir boeliegedrag

Written by on March 1, 2022

Hoërskool Rob Ferreira en Laerskool Witrivier het hande gevat om ‘n teenboelieveldtog van stapel te stuur.
Willem Engelbrecht, wat saam met sy broer Jo Black die “Be That Guy/Girl”-inisiatief begin het, het gister by die skole met leerlinge en ouers oor boeliegedrag gepraat.
Loanette Caknis van Rob Ferreira sê hul doel is om beide die slagoffers en boelies te help. Hulle hoop ook dit kring uit na ander skole.
“Skole wil nie sê daar is ‘n probleem nie, maar ek dink dit is by alle skole,” sê sy.
Die veldtog is tot 17 Maart en verskeie aktiwiteite word daarvoor beplan.
Die Robbies-hoofleiers, Peter Quinn en Simoné de Beer, het saam met Laerskool Witirivier se Marné Pretorius en Jeff Badenhorst daaroor kom gesels in die ateljee. Luister weer hier na die gesprek.

Besoek Hoërskool Rob Ferreira op Facebook om die veldtog daagliks te volg.


×