100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pinky Phosa Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Kuba

Written by on March 1, 2022

Yvonne “Pinky” Phosa is aangestel as Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Kuba.
Phosa het vanaf 1999 lank in die Mpumalanga wetgewer gedien. Vanaf 2004 was sy die Speaker, van 2009 tot 2013 die LUR vir finansies en daarna LUR vir ekonomiese ontwikkeling en toerisme.
Sy is na die verkiesing in 2014 by die Nasionale Vergadering ingesweer. Sy was nie ‘n kandidaat vir die Parlement tydens die 2019 algemene verkiesing nie, en het haarself sedertien toegespits op die Pinky Phosa Solutions Foundation (PPSF) wat daarop fokus om veral vroue en jeugdiges te bemagtig.
Phosa se man, dr. Mathews Phosa, die voormalige premier van die provinsie en voormalige ANC tesourier, het vanoggend bevestig sy is onderweg na Havana.
Hy sal in Witrivier aanbly en sy ondernemings hier bly bedryf.
Die woordvoerder van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Clayson Monyela, sê Phosa se termyn is vier jaar lank.
Sy neem oor by Thaninga Shope-Linney wat volgens Monyela ‘n ambassadeurskap in ‘n Afrikaland sal opneem.


×