100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Church Unlimited wy nuwe kerkgebou in

Written by on February 28, 2022

Church Unlimited het gister hul nuwe kerkgebou amptelik ingewy met ‘n aanbiddingsdiens.
Etienne Garnett-Bennett van die kerk sê die aanbouwerk aan die bestaande kerk het sowat vyf jaar geneem omdat dit kontant gebou is, en die spasie basies verdubbel.
Die gebou is aanvanklik ontwerp met die uitbreiding in gedagte.
“Die afgelope jaar of wat was daar ‘n gevoel van dringendheid om klaar te bou. Dit is ‘n wonderwerk om in Covid so ‘n projek aan te kon pak en klaar te maak.”
Die gebou is aan die einde van Desember finaal voltooi.
Met Covid-19-beperkings oor distansiëring is daar tans 800 sitplekke, maar sowat 1 500 mense kan geakkomodeer word.
“Ons is dankbaar,” sê hy. “So baie mense wil weer fisies kerkdienste bywoon.”
Church Unlimited beoog ook om dit beskikbaar te stel aan die gemeenskap vir gebruik, weens die spasie en geriewe.
“Ons wil dit graag ‘n gemeenskapsfasiliteit maak,” sê Garnett-Bennett.
Luister weer hier:

Die kerk is baie familie gefokus, met ‘n reuse kleuterkamer.
“Dit is belangrik. Ons het geweldig baie mense in daardie ouderdom en beleef tans eintlik ‘n bevolkingsontploffing.”

Foto: Alan en Daleen Parfitt met die nuwe helfte van die gebou in die agtergrond.


×