Ride for a Child samel R70 000 in vir kinders
Written by Mireille on March 6, 2023
Die Ride for a Child-motorfietsryers het Saterdag na Witrivier teruggekeer na hul 21 dae lange motorfietsrit om Suid-Afrika.
Dit was die vierde keer kan hulle die land omtrek het om fondse in te samel vir mediese behandeling vir behoeftige kinders.
![](http://www.radiolaeveld.co.za/wp-content/uploads/2023/03/Ride-for-a-child-2023-1-300x270.jpg)
Hul roete vanjaar.
Amptelik kon Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa en sy span 7 124 km aflê om ongeveer R70 000 in te samel.
Lees ook: Ride for a Child 2023 skop af
Die oogmerk is om vanjaar 1 000 doktersbesoeke en 45 operasies op kinders moontlik te maak en 400 kinders spesialiste te laat sien.