100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Negentien aangekla van bedrog met mediese skema

Written by on March 8, 2023

Negentien beskuldigdes het gister in die Nelspruit-streekshof verskyn op aanklagte van bedrog en oortreding van die Wet op Mediese Skemas.
Volgens die Valke het hulle die mediese fonds, Gems, uit R2,3 miljoen bedrieg.
Sestien amptenare van Gems het na bewering saam met die apteke gewerk om vir dienste te betaal wat nie gelewer is nie, of om vir items te betaal wat nie deur die mediese fonds gedek word nie.
Nkosazane Nyathi (40), Nelile Shabangu (34), Brenda Nzima (38), Nokuthula Ubisi (40), Thabo Ndlozi (38), Muideen Moshood (56), Lucky Lubisi (37), Nomvula Maduna (61), Sipho Mkhatywa (50), Nomvula Tolla (42), Prisca Mokoena (40), Sarah Nyambi (53), Sharon Williamson (38), Veronica Keis (52), Vusi Mkhumbane (66), Victor Mpofu (42) sowel as Valencia-, Nala- en Buffelspruit-apteke word aangekla.
Die aptekers, Lubisi, Ndlozi, Shabangu en Mashood is elk borgtog van R5 000 toegestaan.
Een beskuldigde, ‘n pensioenaris, is op waarskuwing vrygelaat.
Die ander het elk borgtog van R1 000 gekry.
Die saak kom weer op 28 Maart voor.
Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, sê nog arrestasies word verwag.


×