100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kommer oor ‘chroniese’ tekort aan ambulanse

Written by on March 3, 2023

Die DA in Mpumalanga sê die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, moet aanvaar dat daar ‘n chroniese tekort aan ambulanse in die provinsie is en iets daaromtrent doen.
Jane Sithole sê nooddienste neem gevolglik baie lank om op noodgevalle te reageer.
Die departement se jongste kwartaalverslag dui aan dat 100-persent van reaksietyd teikens behaal is.
Volgens Sithole het die departement egter die afgelope drie maande ‘n verdere 12 operasionele ambulanse verloor, wat die totaal vir die hele provinsie op 60 te staan bring.
Die aanvaarde norme en standaarde vereis een ambulans per 10 000 mense.
“Dit beteken Mpumalanga behoort 474 volledig operasionele ambulanse tot sy beskikking te hê,” sê Sithole.
Sy voeg by die vraag na die dienste het die afgelope kwartaal toegeneem met 3 401.

Die aanstelling van dr. Lucas Ndhlovu as die nuwe hoof van die provinsiale gesondheidsdepartement is intussen gister deur die provinsiale uitvoerende komitee bekragtig.
Hy is tans die uitvoerende beampte van die Dr. George Mukhari Akademiese-hospitaal in Garankuwa.
Hy was voorheen senior kliniese bestuurder by Mapulaneng-, Witbank- en Themba-hospitale.
Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê hulle het die volste vertroue dat hy die dienslewering uitdagings in die departement sal uitsorteer.


×