100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas môre in geskiedkundige halfeindstryd

Written by on June 17, 2022

Die Airlink Pumas speel Saterdag vir die eerste keer in 42 jaar in ‘n halfeindstryd van die Curriebeker-toernooi.
Die Vrystaat word as ‘n gunsteling beskou om te seëvier in Bloemfontein, omdat hulle boaan die punteleer geëindig het. Tog glo kenners die kleiner unies (die Pumas en Griekwas) het ‘n goeie kans om vanjaar die trofee huis toe te neem.
Die Laeveld-span het vierde op die punteleer geëindig en het die seisoen ondernemende rugby gespeel – wat nie altyd op die telbord gewys het nie. Hulle het verlede naweek tuis teen die poubloues verloor, al was hulle enkele weke gelede in Kimberley baas.
Die Griekwas was algeheel derde en speel tans uitstekende rugby, wat sake vanaand vir die verdedigende kampioene kan bemoeilik.
Die Bulle jag hul derde Curriebeker-titel in ‘n ry. Die wedstryd skop vanaand om 19:00 op Loftus Versfeld teen die Griekwas af.
Saterdag begin die wedstryd om 13:30. Skakel in op 100.5FM om dit regstreeks te volg.


×