100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas eerste keer deur na Curriebeker-finaal

Written by on June 20, 2022

Die Pumas gaan die naweek vir die eerste keer ooit in ‘n Curriebeker-eindstryd speel. Hulle het Saterdagmiddag ‘n opwindende halfeindstryd-oorwinning teen die Cheetahs in Bloemfontein behaal deur ‘n agterstand van 11 punte binne die laaste vier minute uit te wis en met 38-35 te wen.
Die Pumas kom nou Saterdag om 15:00 teen die Griekwas in Kimberley te staan wat op hul beurt die verdedigende kampioene, die Bulle, Vrydag op Loftus met 30-19 geklop het. 
Dit is die Griekwas se eerste Curriebeker-eindstryd sedert 1970.
Die Pumas se Jimmy Stonehouse en Marius van Rensburg het met die Ontbyt-span gesels oor wat dit vir die pienktruie beteken. Luister weer hier.


×