100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas aangewys as Mpumalanga Sportspan van die Jaar

Written by on September 20, 2022

Die breier van die Airlink Pumas, Jimmy Stonehouse, is Sondagaand tydens ‘n glansgeleentheid as afrigter van die jaar aangewys by die Mpumalanga provinsiale sporttoekennings.
Die Departement van Kultuur, Sport en Ontspanning het die geleentheid aangebied om erkenning te gee aan atlete, afrigters en stigtings vir hul bydrae tot sport.
Die Pumas het vanjaar vir die eerste keer die Curriebeker gewen en is aangewys as die span van die jaar. Die Mpumalanga Rugbyunie is die sportfederasie vir 2022.

Beide die sportman- en vrou is vanjaar ook Laevelders.
Die gemengde gevegskuns-ster Throne Msibi is die MMASA-kampioen en Shanese de Clerck van Hoërskool Nelspruit die SA senior hoogspring-kampioen wat ‘n sesde plek by die Afrika-kampioenskappe behaal het.

Die toekenning vir skoolspan van die jaar is deur die provinsiale seuns en dogters o.17-vlugbalspanne gedeel. Beide het goue medaljes verower tydens die Nasionale Skolesport-kampioenskappe in Stellenbosch in Julie waar hulle ook verskeie top individuele toekennings opgeraap het.
Reney Raven van Standerton het ‘n silwer medalje gewen by die Statebondspele en is as sportvrou met ‘n gestremdheid, sportster van die jaar en die publiek se keuse sportster vir 2022 aangewys.
Reney neem aan die Para-Karate-afdeling deel (gesiggestremd) en is die eerste Suid-Afrikaner wat aan Karate Suid Afrika behoort wat in dié afdeling Protea-kleure verwerf het.
Collen Nicholas Mahlalela is Mpumalanga se sportman met ‘n gestremdheid van die jaar en Janko Erasmus is as nuweling vir 2022 aangewys.


×