100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Waarskuwing vir erge donderstorms oor die Laeveld vandag

Written by on September 20, 2022

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku dat ernstige donderstorms kan ontstaan in Mpumalanga vanmiddag.
‘n Oranje vlak 5-waarskuwing geld vanaf 15:00 vir die Hoëveld en platorand en ‘n geel vlak 2-waarskuwing oor die Laeveld van Mpumalanga en Limpopo.
Weervoorspeller, Wayne Venter, verduidelik swaar reën, hael en sterk winde word ook verwag.
Oorstromings in laagliggende gebiede, skade aan infrastruktuur en swak sigbaarheid op paaie is waarskynlik.


×