100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisie waarsku teen kanse waag terwyl brûe en paaie oorstroom

Written by on February 17, 2023

Die polisie vra dat mense wegbly van brûe oor damme en riviere wat oorstroom weens volgehoue swaar reën.
Die liggame van twee mense is die afgelope week uit watermassas in die Laeveld gehaal.
Lees ook: Sowat 300 gesinne ontruim weens oorstromings in Nkomazi
Polisieduikers en gemeenskapslede soek steeds na vier mense wat vermis word en na vermoede verdrink het in Nkomazi.
Vyf mense is gister gered na hul vragmotor in Amersfoort meegesleur is.
Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Selvy Mohlala, sê hulle het die burg by die Schuilspruit-dam probeer oorsteek.
‘n Motoris van Rustenburg moes die middag ook uit sy bakkie gered word.
Mohlala sê mense moet ophou kanse waag.


×