100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sowat 300 gesinne ontruim weens oorstromings in Nkomazi

Written by on February 16, 2023

Die liggaam van ‘n 16-jarige seun is gisteraand uit die Mgobodi-dam in Nkomazi gehaal na grootskaalse vloede weens aanhoudende swaar reën.
Hy het glo saam met vriende geswem om af te koel.
Nkomazi-munisipaliteit word die ergste geraak deur die oorstromings, hoewel skade aan infrastruktuur in Nkomazi, Mbombela, Thaba Chweu en Bosbokrand aangerig is.
Sien ook: Krokodilbrug oopgestel vir noodtoegang
Sowat 300 gesinne is uit hul huise ontruim. Die woordvoerder van die plaaslike munisipaliteit, Cyril Ripinga, sê hulle word in kerke en koshuise gehuisves.
Op plekke is brûe weg gewas en kan gemeenskappe nie bereik word nie.

Gister het die weermag gehelp om per helikopter voorraad aan die afgesnyde Mekemeke-gemeenskap te voorsien. Gift of the Givers help ook regoor oor Ehlanzeni met noodvoorraad.

Volgens Ripinga word dié gemeenskap jaarliks afgesny tydens storms en weier hulle om te trek.
Volgens die polisie soek polisieduikers en gemeenskapslede steeds na vier ander mense wat vermis word in Nkomazi, en na vermoede verdrink het.
Mense is gewaarsku om damme, strome en riviere te vermy. Nog reën word verwag.


×