100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Krokodilbrug oopgestel vir noodtoegang

Written by on February 16, 2023

Die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) sê hulle is dankbaar dat geen beserings aangemeld is tydens die oorstromings wat tans ervaar word nie.
Woordvoerder, Ike Phaahla, sê rampbestuurspanne bly op ‘n hoë gereedheidsgrondslag en monitor die situasie.
Die Krokodilbrughek is vanoggend oopgestel vir slegs noodvoorraad om die park te kan bereik en is nie oop vir besoekers nie.
Die kampe by Krokodilbrug en Onder-Sabie bly gesluit.
Besoekers aan die wildtuin is aangeraai om uiters versigtig te wees en grondpaaie te vermy.

In die suide bly grondpaaie gesluit. Grondpaaie in die Nxanetseni-area van die noorde is ook gesluit.
“Hulle sal oopgestel word sodra hulle as veilig beskou word,” sê Oscar Mthimkhulu, uitvoerende beampte van die NKW.
Die noorde kan bereik word met die hoë brûe oor die Sabie- en Olifantsriviere.
Die Balule-laagwaterbrug is gesluit. Die laagwaterbrug tussen Phalaborwa en Mopani-ruskamp is ook gesluit.
“Uit die perspektief van die riviere se ekosisteme verskaf die vloede goeie, natuurlike spoeltoestande vir die riviere en vul dit grondwater aan. Daar is tans nie enige kommer uit ‘n bewaringsperspektief nie,” sê SANParke.
Die meeste teerpaaie is toeganklik met die uitsondering van die hoofroete tussen Skukuza en Onder-Sabie wat op drie plekke verspoel is.
Die hoofroete tussen Pretoriuskop en Skukuza is ook gesluit.
Talamati, Biyamiti en Sable Hide is toe. Balule is heropen.
Die badkamers by Tshokwane is buite werking.
Skukuza-lughawe raai besoekers aan om eers hul verblyfbestemmings te kontak voor hulle na die wildtuin vertrek.


×