100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Podsending: Understanding Autism

Written by on February 15, 2024

Radio Laeveld 100.5FM het hande geneem met die Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF), ‘n nie-winsgewende organisasie wat homself daarvoor beywer om gesinne van kinders op die outisme spektrum in die Laeveld te ondersteun.

In hierdie reeks gesels Ludi en Mireille met kenners oor die toestand om dit beter te verstaan.

Luister weer hier:

Ep. 1

In 2021 was een uit elke 161 kinders deur outisme geaffekteer. Na raming sal dit oor 30 jaar een uit elke 35 kind raak. Cindy Coetzee, die stigter van ISAF en ma van ‘n 10-jarige seun op die spektrum, vertel wat die toestand in breë trekke behels.

Ep. 2

Kinders op die outisme spektrum het soms uitdagings om te kommunikeer, wat tot problematiese gedrag kan lei. Coetzee sê ouers moet verstaan hoekom hul kinders op sekere maniere optree of reageer.

Ep. 3

Chérie Schutte van Aldeia Wellness is ‘n internasionaal geregistreerde neuro-gedragswetenskaplike en een van slegs ‘n paar kinder intervensioniste in die land.

Ep. 4

Guiding Growth spits hulle toe op terapie vir kinders op die outisme spektrum. Ons vind uit by Emma Bailey, ‘n gedragsterapeut, wat ouers van kinders op die spektrum moet weet.

Ep. 5

Renate Stewart van Free Choice is al meer as 35 in die onderwys. Sy sê dit is belangrik om elke kind volgens sy of haar leerstyl te akkommodeer sodat hulle kán leer.

Ep. 6

Elke mens ontvang en prosesseer inligting op verskillende maniere. Hoe bepaal jy watter leerstyl jou kind pas en hoe jy hulle kan help? Sheryn Nader is al 25 jaar ‘n arbeidsterapeut in die Laeveld. Sy gesels met Mireille oor die komplekse proses van leer.

Ep. 7

Cindy Coetzee, die stigter van ISAF, is ook ‘n opgeleide chef wat ‘n groot belangstelling ontwikkel het in goeie voeding sedert haar seun se diagnose.

Ep. 8

Rona Joubert is ‘n holistiese geneser by BluePhoenix Yoga & Sound Therapy. Sy sê elke mens moet in balans wees om optimaal te funksioneer.

Ep. 9

Callum MacPherson gesels hierdie week oor die noodsaaklikheid van kennis oor noodhulp hê wanneer klein kinders of kinders met spesiale behoeftes teenwoordig is.

Ep. 10

Tyrone Swartz is ‘n volwasse man met Asperger sindroom. Hy het onlangs ‘n boek vrygestel oor sy ervaring daarvan om op die outisme spektrum te leef.

Ep. 11

Heather Swartz is die ma van twee seuns op die outisme spektrum. Tyrone, met wie ons verlede week gesels het, het Asperger sindroom, en Dylan is nie-verbaal.

Ep. 12

Na Thobile Nyathi se tweejarige met outisme gediagnoseer is, het sy besef haar veel ouer seun is ook op die spektrum. Sy sê sy sien baie eienskappe daarvan ook in haarself.

Luister ander podsendings: GRIP: Survival 101


×