100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

GRIP: Survival 101

Written by on August 7, 2023

In GRIP: Survival 101 neem ons weekliks geslagsgeweld onder die loep.

100.5FM het hande geneem met die Greater Rape Intervention Programme (GRIP) wat mense bystaan na ‘n geslagsgebaseerde aanval.

Elke week gesels die uitvoerende beampte, Tarryn Lokotsch, met Johanné Strydom oor aspekte van die noodsaaklike dienste wat hulle in die Laeveld lewer in GRIP: Survival 101.

“Om aangeval te word, is nooit jou skuld nie,” sê Lokotsch.

Luister na ep. 1

Sou die ondenkbare gebeur en jy word aangeval, het jy verskeie regte wat beskerm moet word wanneer die geregtelike proses daarna begin, sê menseregte-aktivis Themba Mdlovu.

Luister na ep. 2

Baie vroue vermy dit om huishoudelike geweld aan te meld, want waarheen gaan hulle dan? GRIP kan help.

Luister na ep. 3

Ntombifuthi Sambo is passievol oor die vaardigheidsontwikkelingsprogram wat GRIP aanbied en daarop gemik is om vroue te help om finansieel onafhanklik te word.

Luister na ep. 4

Sambo staan ook bekend as die “Koningin van die hof”.

Luister na ep. 5

Kinders word ook deur die huishoudelike geweld wat teen hul ouers gepleeg word, geraak en om dit aan te spreek het GRIP die Hearts not hands-kampe van stapel gestuur.

Sibongile Ndlovu vertel ook oor hul samewerking met die KinderFonds MAMAS (KFM) van Nederland.

Luister na ep. 7

“Geslagsgebaseerde geweld is duidelik aan die toeneem, terwyl al hoe meer jong kinders die slagoffers is.”

So sê Fareeda Mashaba wat in beheer is van bewusmaking by GRIP.

Luister na ep. 8

Surprise Gininda bestuur voorkomende programme teen geslagsgeweld by GRIP.

Luister na ep. 9

Met groot geleenthede soos feeste en matriekafskeid sien GRIP ‘n toename in afspraakverkragting.

“Die meeste dwelms wat daarvoor gebruik word is kleurloos en smaakloos,” sê Lokotsch.

Alkohol word ook dikwels gebruik, waarsku sy.

“Wees versigtig wat jy drink en saam met wie jy uitgaan.”

Luister na ep. 10

“Ons sien slagoffers van absoluut alle ouderdomme, maar die mees kwesbare ouderdomsgroep is 15 tot 24 jaar oud,” sê Lucia Ngomane wat met die data werk by GRIP.

Luister na ep. 11

“Ons sien ‘n patroon dat meer mense aangeval word deur onbekende aanvallers, en ons sien ‘n toename in slagoffers wat ‘n aanval eers na 72 uur aanmeld,” sê Lokotsch in die 12de aflewering van GRIP “Survival” 101 op 100.5FM.

Luister na ep. 12

==========

Skakel elke Sondagoggend om 10:00 in op 100.5FM vir die GRIP “Survival 101”-reeks.

Sien ook: Weet wat om te doen wanneer die ondenkbare met jou gebeur


×