100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Plaasaanvalle minder in 2022

Written by on February 28, 2023

Die aantal plaasaanvalle het die afgelope jaar afgeneem vanaf 415 aanvalle en 55 moorde in 2021 na 333 aanvalle en 50 moorde in 2022.
In Mpumalanga is ses mense in aanvalle dood.
Dit is volgens die jaarlikse plaasmoordverslag vir 2022 wat vanoggend deur die burgerregteorganisasie AfriForum bekendgestel is.
Jacques Broodryk, die woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, sê egter dat gevalle toenemend nie aangemeld word nie weens die publiek se lae vertroue in die polisie.

Volgens AfriForum is dit ook kommerwekkend dat slegs 33% van moordverdagtes in hegtenis geneem word.
“AfriForum maan boere en die publiek in die algemeen aan om veiligheidstrukture op die been te bring en aktief by die beveiliging van hul eie gemeenskappe betrokke te raak,” sê hy.
“Die minister van polisie, gen. Bheki Cele, het self onlangs erken dat die polisie nie in staat is om sy pligte uit te voer sonder hulp van die betrokke gemeenskappe nie, en vir eens stem ek met hom saam.
“AfriForum is ook besig om regsopsies te ondersoek om vir plaas- en buurtwagte meer mag daar te stel om hul take doeltreffend uit te voer,” sluit Broodryk af.

Foto: Van links na regs: Johan Nortjé, Ernst Roets en Jacques Broodryk.


×