100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Paspoort bedrog sien amptenaar agter tralies

Written by on October 12, 2023

‘n Amptenaar van binnelandse sake is gister 10 jaar gevangenisstraf opgelê in die Witrivier-landdroshof weens paspoort bedrog.
Nhlanhla Mathebula (40) het teen vergoeding vals paspoorte vir buitelanders geprosseseer deur Suid-Afrikaanse burgers se identiteitsdokumente te gebruik.
Volgens die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi, is hy ‘n addisionele drie jaar tronkstraf opgelê vir oortreding van die Wet op Immigrasie.
Die vonnisse sal samelopend uitgedien word.
‘n Konfiskasiebevel is ook i.t.v. die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca) teen hom gemaak tot die bedrag van R94 600.

Faud Mohammed Ali (37), Christopher Marillier (39), Gabriel Samuel van der Merwe (33), en Sifiso Kheswa (31) is ook aangekeer vir bedrog, korrupsie en oortreding van die Wet op Immigrasie m.b.t die paspoort bedrog.
Elkeen is met R100 000 beboet of drie jaar gevangenisstraf opgelê met ‘n addisionele R40 000 of 12 maande tronkstraf.
Sien ook: Drie vermeende renosterstropers gesoek


×