100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Operasie Shanela land 69 verdagtes agter tralies

Written by on June 20, 2023

‘n Totaal van 69 verdagtes is die afgelope week vir verskeie misdade in al drie distrikte van Mpumalanga in hegtenis geneem.
Die polisie sê Operasie Shanela, ‘n intensiewe polisie-inisiatief om bestendigheid in misdaadgeteisterde gebiede te herstel, sal voortgesit word.
‘n Polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê dit het stop-en-deursoek operasies, voertuig inspeksies, patrollies en besoeke aan drinkplekke behels.
Luister hier:

Verskeie boetes is ook uitgereik tydens Operasie Shanela.
Onder die items wat gekonfiskeer is, tel ‘n 9 mm pistool, dwelms, ‘n voertuig wat na vermoede tydens ‘n misdaad gebruik is, sowel as drank en gesteelde brandstof.
Sien ook: Meer as 500 vasgetrek in gesamentlike operasies
In die eerste naweek van Junie het die polisie in Mpumalanga 528 arrestasies gemaak tydens gesamentlike operasies.
Volgens die polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het hulle saam met onder andere die burgemeester van Steve Tshwete-munisipaliteit, Mhlonishwa Masilela, tradisionale leiers en lede van die taxi-industrie gewerk tydens die verhoogde aktiwiteite.
Die naweek voor dit is 77 mense in die provinsie gearresteer as deel van Operasie Siyavutha.
Oortredings het ingesluit onder meer moord, poging tot moord, roof, aanranding, besit van onwettige wapens en ammunisie asook oortreding van die Wet op Immigrasie.


×