100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Jak en Bibi is terug – en die keer met gin

Written by on June 20, 2023

Die uiters talentvolle woordkunstenaars Jak de Priester en Bibi Slippers is vanjaar saam terug met ‘n uitsonderlike teater-ervaring by Innibos.
Die sanger en digter het luisteraars verlede jaar gaande gehad met hul uitvoering tydens Innibos se In jou huis Musiekteater-reeks wat ook regstreeks op 100.5FM uitgesaai is.
Dit is nou tot ‘n volwaardige produksie ontwikkel wat tydens vanjaar se Innibos te sien is.
In “De Priester, De Slippers en De Gin” sluit Heinrich Pelser aan by Jak se musiek en Bibi se poësie.
Feesvlinder, Amrei Wolff, vertel oor haar eerste ervaring van die twee en waarna feesgangers tydens vanjaar se fees uit kan sien.
Luister hier:

Sien ook: Mirakel bring klassieke teater na Innibos
Innibos vind van 29 Junie tot 2 Julie in Mbombela plaas.
Kliek hier vir die volledige Innibos-program en skakels na kaartjieverkope.
Die Innibos-kantoor is op die hoek van De Villiers- en Anneckestraat by Sonpark-sentrum in Mbombela geleë.


×